Bediening
Woorde is meer as net woorde. Dit kan bemoedig, uitnooi en verander. Dit kan roep tot dieper denke en stilte bring.
Christine se bediening het uit haar eie reis ontstaan – ‘n reis van geloof, worsteling, ontdekking en ‘n dieper ontmoeting met God. Die fondasie is Jesus Christus as Verlosser – die Drie-eenheid as die enigste God. Haar hart is om Hom in gehoorsaamheid en waarheid te dien.
Raakvat punte in haar bediening
- Verlossing en wedergeboorte in Hom
- Geloofsvertroue in God
- Identiteit en doel
- Geestelike groei
- Onderskeiding in lewenskeusesse
- Moeilike seisoene en veranderinge
- God se teenwoordigheid in die allerdaagse te sien, vas te vang en daarin te wandel
Hierdie reis word gedeel deur persoonlike getuienisse, geestelike mentorskap, kursusse en geleenthede.
“is en was en vir ewig wees is die stil-stil onophoudende liefde van die alomteenwoordige Gees”
"Soos heuning, goudbruin soet, drup die genade tot diep in die krake van my siel"
Getuienis & Spreekbeurte
‘n Getuienis van hoop, geloof en God se transformerende genade
Christine deel haar persoonlike getuienis en die reis van gehoorsaaamheid wat gelei het tot die ontstaan van haar digbundels.
Dit is ‘n verhaal van verlies, herstel, geloof en vernuwing. Haar eerlike blootstelling van rou emosies neem jou deur verskillende lewensseisoene wat lei tot dieper heling van liggaam, siel en gees.
Hierdie spreekbeurte bied ‘n geleentheid om nie net haar verhaal te hoor nie, maar ook om saam te dink oor die groter boodskappe van hoop, identiteit, geloof en ‘n dieper verhouding met God.
Haar getuienis kan doelmatig gerig word na gelang van haar gehoor – van kleiner geloofsgroepe en vrouebyeenkomste tot gemeentes, geleenthede en spesiale byeenkomste.
Die doel is eenvoudig: om ’n verhaal te deel wat hoop gee, geloof versterk en mense herinner aan die God wat steeds besig is om te skryf.

Ontdek die woorde agter die verhaal
Christine se digbundels en joernale is tydens geleenthede beskikbaar. Besoekers kry die geleentheid om die publikasies te ontdek en saam huis toe te neem.
Ontdek die Akal Esh-versamelingSpreekbeurt-versoek
Nooi Christine om jou geleentheid toe te spreek
"luister mooi na wat die Gees sê want Hy sê en doen net wat die Vader wil hê"
Geestelike Mentorskap
‘n Ruimte om stil te word en dieper te groei.
’n Veilige plek om God se stem te hoor.
Persoonlike geestelike mentorskap vir diegene wat begeer om hul geloof, identiteit en verhouding met God te verdiep.
Soms het ons nie nog antwoorde nodig nie, maar ‘n veilige ruimte om te kan stil word, vrae te vra en ons hart oop te maak vir God se stem.
Deur individuele geestelike begeleiding stap Christine saam met jou deur jou huidige seisoen en skep sy ruimte vir eerlike gesprekke, geloofsrefleksie en geestelike groei.
Die doel is nie om vir jou al die antwoorde te gee nie, maar om saam met jou te reis terwyl jy God se stem en rigting soek.

Geestelike Mentorskap
2-uur individuele in-persoon sessie —
R 400.00 per sessie
"my oë raak U s’n en my visie eens verdraaid, is glashelder gerig op die onsienlike"
Kursusse & Geleenthede
Ruimtes om te leer, te groei en God dieper te ontmoet
Praktiese en geloofsgebaseerde kursusse en geleenthede rondom temas wat ons help om God, onsself en ons geloofsreis beter te verstaan.
Elke seisoen bring nuwe vrae, nuwe ontdekkings en nuwe geleenthede om dieper te groei.
Akal Esh Bediening bied deur die jaar verskillende kursusse en geleenthede aan wat jou nooi om te leer, te ontdek, stil te word en jou verhouding met God te verdiep.
Van kleiner tematiese kursusse tot spesiale geleenthede – elke geleentheid word geskep met die doel om jou op jou geloofsreis te bemoedig en toe te rus.
7 November 2026
Paleis tot Brandende Bos
’n Reis van die paleis tot die brandende bos
Moses se lewe is ‘n spieëlbeeld van ons lewens.
Vanuit ons gemak, verlede en keuses word ons geskool tot ‘n diepe begeerte tot die ware ek.
Kom gesels saam en ontdek jouself in die Brandende bos :
die dieper roeping wat God vir jou het en die ervaring van
sy Shekinah Glorie.
- Moses die Prins - my gemak
- Moses se eiegeregtigheid – my keuses
- Die woestyntyd - die leerskool
- Moses se soeke – my diepe begeerte
- Die ontmoeting met “Ek Is”
Plekke is beperk. Bespreek betyds om jou plek te verseker.
10:00–14:00
Plek: OranjeMeul
Oranjestraat, Paarl
Parkering: Durr straat, by Lewende Woord Kerk