Christine Lazarus het in die Overberg-distrik groot geword en op Stellenbosch haar BSc graad in fisioterapie voltooi waarna sy  privaat gepraktiseer het.  Haar beroep as fisioterapeut het gevloei uit ‘n passie wat sy vir haar medemens het.

Die bewustheid van die menslike samestelling nl liggaam, siel en gees volgens die beeld van God die Drie-eenheid, het daartoe gelei tot die dieper fokus op die siel en gees en nie net die liggaamlike behoeftes van haar pasiënte nie.  Dit was ‘n leerskool waar God haar gedring het om hande te vat met diè wat gebroke van hart en siel is, vasgevang in slawerny.

Uit hierdie liefde vir mens, natuur en Jesus Christus vloei haar digkuns waar sy haar woorde as megafoon gebruik vir die vrymaking wat daar in Hom is.  Dit is immers hierdie lewende hoop wat haar dryf om te verkondig –

Ek was slaaf, maar nou is ek kind!

 Waar sy poog om teen einde 2026 uit haar beroep as fisioterapeut  te tree en voltyds die roeping as “ouma” te geniet, gaan sy haar ook toespits op die verdere taak wat God haar oplê.

‘n Taak van gehoorsaamheid  -  ‘n totale geloofspad

 

Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille;

 Bemoedig diè wie se hande slap hang, help diè wie se knieë knik, sê vir die wat moed verloor
het: Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier,

 Die wat deur die Here verlos is, sal terugkeer, hulle sal juigend in Sion aankom, hulle sal altyd straal van blydskap, hulle sal vol vreugde en blydskap wees; ellende en
smart sal verdwyn.

Jesaja 35: 1 ; 3-4; 10