Ontdek die onuitputbare Bron van Lewe

IN DIGVORM

AKAL ESH
NARRATIEWE DIGBUNDEL – WOORDE VAN HELING, INTIMITEIT EN RUS

Akal Esh is die Hebreeuse woord vir “Die Verterende Vuur”.

‘n Versameling van 82 Afrikaanse gedigte geskryf deur Christine Lazarus. Elke gedig is gebaseer op haar lewensverhaal. ‘n Boodskap van vrymaking en vernuwing.

"vry in die natuur, gloei die volheid soos 'n warm vuur"

NARDUS EN KANEEL
DIE GEUR VAN KRUID EN SPESERY

‘n Versameling van 68 Afrikaanse gedigte wat handel oor die karaktereienskappe van God. Reis deur die Tabernakel vanaf die brandofferaltaar tot in die Troonkamer. 


"mag ons reukoffer vir Hom ‘n lieflike geur wees, ‘n geur wat lewe gee"

met ons lewenskleure in Sy hand,
ons toekoms reeds bepaal
word die kwas in bloedrooi gedoop
totdat die druppels teen die houtkruis afloop

  • "Ek weet nie wat anders om te sê as dat ek die salwing van die Heilige Gees oor die bundel voel nie. Sommer met die voorwoord kon ek voel dat dit deur die Gees geinspireerd is. Prys die Here vir die gawes wat Hy ons gee!!"

    -

    CONRAD

    Klawer

  • "Ek love om jou boek oop te maak en altyd iets te vind wat saak maak en waar is. Waarheid wat sag kom soos die Wind, is ons kans om te groei. 

    Ek love jou gedig, Ruach Hakodesh,
    se woorde vanoggend."

    -

    LENOR

    Merweville

  • "Baie dankie vir my eksemplaar van jou digbundel. Dit was ‘n reis van emosies. Ek moet jou geluk wens! 
    Jy is absoluut eerlik, deursigtig, opreg en uit die hart. Daarom so roerend. Ek toon groot respek."

    -

    MARIETJIE

    Wellington

Bediening

WOORDE IS MEER AS NET WOORDE. DIT KAN BEMOEDIG, UITNOOI EN VERANDER.

Christine se bediening het uit haar eie reis ontstaan – ‘n reis van geloof, worsteling, ontdekking en ‘n dieper ontmoeting met God. Naas haar digbundels en joernale deel sy ook haar reis deur persoonlike getuienisse, geestelike mentorskap, kursusse en geleenthede. Dit spreek tot oud en jonk, man en vrou.

Kom almal wat dors is, kom na die water toe.
Wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie.

Jesaja 55:1; Joh 4:14

Verken die Bediening

Kom stap saam