DIE DIGBUNDELS

Akal Esh en Nardus & Kaneel is geskryf deur Christine Lazarus, toegewyd tot God, in gehoorsaamheid tot Sy opdrag. 

Die bundels is gepas tot alle lewensfases. Dit neem jou aan die hand op 'n reis van selfondersoek en vervulling. Die linne buiteblaaie het profetiese betekenisse.


"Daarom raai Ek julle aan om by My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word; en koop wit klere sodat julle julle kan aantrek en julle skande, julle naaktheid, nie gesien word nie; en koop oogsalf om aan julle oë te smeer sodat julle kan sien"

- Openbaring 3:18

LEWENDE WATER

ek rig my beker na Hom
en sien hoe die water daarin stroom
dit vloei oor die rande, oor my hoof en my lyf;
Hy hou my vas,
Hy hou my styf

uit sy oorvloed gee ek aan ander rondom my
baie staan nader om ook van die water te kom kry
lewende water,
borrelend;
ek het rus en vrede gevind