Skip to product information
1 of 4

Akal Esh

Nardus en Kaneel

Nardus en Kaneel

Regular price R 620.00 ZAR
Regular price Sale price R 620.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

 

‘n Versameling van 68 Afrikaanse gedigte geskryf deur Christine Lazarus. Elke gedig handel oor ‘n karaktereienskap van God. Reis deur die Tabernakel vanaf die brandofferaltaar tot in die Troonkamer.

Die linne hardeband deur Suid-Afrikaanse kunstenaar Lizelle Lazarus is ‘n skets verteenwoordigend van droë grond wat water nodig het vir lewe. Die Here self is Lewende Water.

Die perfekte geskenk vir familie en vriende.
-

This book explores the inexhaustible character traits of God through creative poems based on Scripture. Christine Lazarus compiled these deeply nourishing Afrikaans poems as an act of obedience, this book following perfectly on the previous poem bundle, Akal Esh.

The cover of Nardus & Kaneel is illustrated by South African artist, Lizelle Lazarus, and it represents dry ground in need of water for rejuvenation. God himself is the Living Water. Throughout the book you can look forward to discovering ten detailed pen illustrations based on specific poems. 

Deep dive into the depths of God's character through this inspired compilation of 68 poems. 

Hardcover & Bronze Foiling
A5 Size 
178 Pages
View full details

OORVLOEDIG

wie is God
wie is die mens
dat Sy liefde so swaar op ons harte lê
Hy kyk en wonder wat het van Sy karakter geword
wat moes grond skiet in ons tekort

ons weet nie
ons ken nie
het geen idee wie Hy werklik is
pleit nog vir daaglikse brood
terwyl Sy karakter wonderwerke is

ons nooi Hom in ons lewens so beperk
waar ons net speelveld kan omruil
en in Hom ons lewens bewerk

uit Hom, deur Hom en tot Hom
is die volmaakte weg

wanneer, o wanneer, gaan ons Sy diepte ken?

  • Die lees van die bundel is 'n koesterende nadertrek om saam met die Here te wandel op die pad na Sy binnekamer en Sy hart te leer ken soos Hy die woorde gebruik om die raakplekke in my lewe te vul met Sy lewende water.
     

    ELIZABETH,

    Wellington

  • Daar is 'n skat om te ontdek in elke gedig, nes mens dit nodig kry. Dis werklik wonderlik om God se karakter op so 'n manier te kan verken. Wat 'n absolute seëning, baie dankie!


    LI-MARI,

    Wellington